Die Glinster in my Grysheid

R190.00

Die glinster in my grysheid is ‘n inspirerende gids gevul met staaltjies oor hoe om grasieus te verouder met positiwiteit, energieke aktiwiteite, oefeninge en Mind Moves®. Die boek is gevul met foto’s van verouderde mense wat entoesiasties die bekende Mind Moves-oefeninge demonstreer wat uitstekend is om lewensgehalte te verbeter – ongeag die omstandighede.

Beskikbaar in Afrikaans en Engels

Die glinster in my grysheid is ’n inspirerende gids vir ouer mense vol staaltjies en voorstelle hoe om eweneens die kwaliteit van lewe te behou en om dit op te kikker deur konstruktiewe denke, energie-gewende aksies, fisiese oefeninge en Mind Moves. Die gids is ryklik geïllustreer met foto’s van energieke ouer mense wat steeds glinster in hul grysheid – ongeag hul omstandighede.

Die glinster in my grysheid is op ’n ligte geselstrant geskryf en spreek tipiese uitdagings aan wat die ouderdom meebring, byvoorbeeld:

  • aanpassing by verandering (verhuising, knie-/heupvervanging, afsterwe van ’n lewensmaat, afhanklikheid van versorging, ens.)
  • negatiewe denke
  • depressie
  • swak eetgewoontes
  • kwynende energievlakke
  • geheueprobleme
  • die vrees om te val
  • kinders en kleinkinders met andersoortige waardes en lewensstyle
  • die gevoel van ’n sinneloosheid in hul bestaan.

Die glinster in my grysheid bevat ook ‘n boekmerk met Mind Moves-oefeninge om bogenoemde uitdagings stelselmatig aan te spreek. Die oefeninge word deur middel van foto’s van ’n sielige ouma uitgebeeld en ander aktiwiteite word deur spontane foto’s van inwoners van Witfield Park Aftree-oord uitgebeeld.